ACC 2 - Hengelo 1 10 mei
|
| Wat ’n uitstekende dag vir krieket, miskien ‘n dag wat eerder op die strand deurgebring kon word, maar soos Stephan en Marvin ons wys, kan jy net so goed tan langs die veld. En vir ACC 2 het die goeie kwaliteit van krieket die dag net beter gemaak! |
Hengelo 1 het nie besef wat voorle nie, en het met veel entoesiasme hulle opkoms gemaak. Die loot het nie volgens plan verloop nie, maar kaptein Wasim twyfel nooit in sy span se vermoeë nie. ACC moet eerste die veld aanvat in die hitte van die middagson.
Hengelo se openings kolwers(batsmen) is vuur en vlam en teken ’n vinnige 25 lopies aan. Hulle lyk heel gevaarlik en daar is ’n paar angstige gesigte te bespeur in die span. ’n Steel lopie(run) op Gert Mulder se linkerhand was egter te veel gewaag, en die eerste paaltjie(wicket) val deur run out met die telling op 25. Dit was die eerste run out van 3, met klein Zulfi en Doekhie wat albei met direkte trefhoue die paaltjies laat spat! Ongeluk tref ACC, Imran Aslam het ’n besering aan sy rug opgedoen en kan nie verder aan die wedstryd deelneem nie. Geen twaalfde man in sig nie, ons sal die res van die dag moet klaarkom met 10 manne.
Hengelo kon geen verdere indruk maak nie, want Ajit Kamboj was aan die beurt. Ajit pen die batsmen vas met uitstekende boulwerk, die batsmen kan geen balle wegkry in sy eerste boul spel nie. Ajit word terug geroep deur kaptein Wasim om die gevaarman van Hengelo uit te kry, asook die stert, en Ajit neem sy kans met albei hande. Eerste aflewering, die kolwer speel die bal na Ajit se broer, Maninder, en ’n vangkans word benut vir die 8ste paaltjie. Die kolwers kruis en die gevaarman is aan die slag. Die volgende bal van Ajit dryf hy reguit en hard, maar Ajit neem ’n ongelooflike vangkans om 2de paaltjie in 2 balle in te oes. Kan dit gebeur, is vandag Ajit se dag vir ’n drie kuns(hat trick)? En toe gebeur waaroor elke bouler droom, Ajit boul die perfekte bal, die kolwer kan nie so goeie bal uithou nie en die penne spat! Ajit het dit gedoen, en almal vier fees saam Ajit! Hengelo almal uit vir ’n skamele 125 lopies.
Uit en uit Ajit Kamboj se dag op die veld, maar ACC het ’n uitstekende veldwerk vertoning gelewer waarop elkeen kan trots wees, veral in ag geneem dat ACC vir die meeste van die wedstryd met net 10 man moes veldwerk doen! Lof moet ook toegeswaai word aan Maninder Kamboj, wat ook uitstekende boulwerk gelewer het, ons kyk uit vir jou driekuns volgende week.
Nou is dit tyd vir die Umar en Doekhie om die wedstryd te beklink vir ACC. Die openingskolwers maak ’n soliede 59 lopies voor die eerste paaltjie kantel, Umar uit vir goeie 17. Doekhie is in top vorm, al probleem is die lopies vir ’n wen raak al hoe minder en hy kolf hard om sy 50 te bereik. Gert Mulder ontmoet vir Doekhie in die middel, en deur die meeste van die kolfwerk vir Doekhie te gee, kry hy sy 50 in die voorlaaste boulbeurt! ’n Topbeurt deur Doekhie, almal sien uit na sy kolfwerk vir die res van die seisoen. Gert eindig op ’n bestendige 19 n.u.n, en besorg so vir ACC ’n maklike oorwinning met 9 paaltjies.
As Sondag se kwaliteit van krieket as maatstaf gebruik kan word, kan ons nog veel meer van ACC 2 verwag hierdie seisoen!
De Zuid-Afrikaan
Gert Mulder
Ballenactie 2012
Select Language
Zoeken
Sponsors
Routeplanner naar ACC
Vul je adres in en je route wordt uitgerekend






